Daaglikse Bybel Vers: Deuteronòmium 7:9
‘Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.’
– Daar is sekere dinge waaroor ons verseker kan wees.
– Ons moet onsself herinner aan hierdie konstante en ewige realiteite.
– God het ons lief en Hy is ‘n getroue God wat Sy verbond sal hou.
– Die Here sal genade bewys en goed doen aan die wat Hom lief het.
Gebed: Vader, dankie vir U verbond van liefde teenoor my. U het my lief en U bly getrou teenoor my en U getrouheid sal nooit eindig nie. Amen.