‘Jy moet dan weet dat die HERE jou God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en Sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.’
– Ons het so ‘n getroue God!
– Mag die realiteit van Sy liefde en getrouheid vandag vir jou werklik wees.
– Hy is jou liefdevolle, getroue God wat Sy verbond onderhou.
– Hy sal Sy verbond en beloftes aan jou en jou kinders onderhou.
Gebed: Vader, my een versoek is dat ek U as my getroue Vader sal ken. Waar ek U dag na dag vertrou, mag ek nooit vergeet dat U altyd getrou is en dat U beloftes ‘n vaste fondament is waarop ek my lewe kan bou. Amen.