‘Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.’
– Liefde is die grootste geskenk wat ons kan ontvang en die grootste geskenk wat ons kan gee.
– Laat my toe om jou te herinner dat die Here jou liefhet en vir jou sorg.
– In ruil kan ons die Here liefhê met alles wat in ons is.
– Kies om Hom lief te hê, en om elke dag van jou lewe in Sy liefde te lewe.
Gebed: Vader, dankie vir U groot liefde vir my. Ek verklaar dat ek U liefhet en ek staan ‘n oomblik stil en onthou alles wat U vir my gedoen het en alles waardeur U my gedra het. Dank U! Amen.