‘En Moses was honderd-en-twintig jaar oud toe hy gesterf het, sy oog was nie verswak nie, en sy krag het nie vergaan nie.’
– Die Here is die Een wat ons teen alle waarskynlikhede kan onderhou.
– Moses se lewe was nie maklik nie, nogtans was hy nog sterk en sy sig was nog goed teen die einde van sy lewe.
– Die lewe, met al die probleme, sal ons graag voortydig verslete wou maak.
– Maar die Here, met Sy liefde en sorg, wil ons vir ewig onderhou..
Gebed: Vader, dankie dat U my onderhouer is. Die lewe sal my nie onderkry nie. U sal my dra en onderhou totdat U my na U toe kom haal. Amen.