‘Soos ‘n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels – ’
– ‘n Nes is ‘n perfekte plek vir ‘n baba arend om gebore te word.
– Maar as die arend groot geword het, is dit bestem vir die hoogtes van die hemele.
– Moenie tevrede wees met die aarde se barre rotse of met die paar stokkies wat jy bymekaar gemaak het nie.
– Die Here het so veel meer vir jou gereed, so sprei jou vlerke uit en vlieg.
Gebed: Vader, dankie dat U my by hierdie punt gebring het en dat U tot by hierdie punt vir my voorsien het. Ek besef nou dat U ver meer vir my voorberei het en ek kies om nou met U te vlieg. Amen.