‘En dit is die HERE wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.’
– Jy hoef nooit alleen te voel nie, want die Here is altyd met jou.
– Selfs as ander jou verlaat, sal Hy altyd vir jou, daar wees.
– Die Here sorg vir almal wat eensaam en geïsoleerd voel.
– Hy sal jou Metgesel wees en Hy sal persoonlik voor jou uitgaan.
Gebed: Vader, selfs wanneer ek alleen voel, weet ek dat U met my is en omdat U met my is, het ek alles wat ek nodig het. Ek sal nie vrees of verskrik wees nie, want ek het die versekering dat U my nooit sal begewe of verlaat nie. Amen.