‘Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.’
– Baie mense lewe en het ‘n stryd teen angs, vrees en benoudheid.
– Jou kosbare Here wil jou gerusstel sodat jy Sy vrede kan geniet.
– Ons weerstaan alle angs, vrees en benoudheid in ons lewens.
– Ons weet dat die Here persoonlik voor ons uitgaan, dus sal ons nie vrees nie.
Gebed: Vader, dit is ‘n vreugde om te weet dat ek U eenvoudig kan vertrou. Ek verwerp alle vrees en angs uit my hart en uit my lewe, en ek kies om te glo dat U met my is. Amen.