‘Die Here jou God, Hy trek voor jou oor; …’
– Moses het altyd die volk gelei, maar nou sou die Here hulle lei.
– Soos ‘n Goeie Herder sal die Here voor jou uitgaan.
– Hy sal ‘n weg maak en Hy sal jou help om die struikelblokke te oorkom.
– Jy kan met selfvertroue die toekoms intree, want Hy sal voor jou uitgaan.
Gebed: Vader, ek kies om U te volg soos wat skape hulle herder volg. U, O God ken die toekoms en daarom kan ek met vertroue vorentoe beweeg want U gaan voor my uit. Amen.