‘En net toe Daniël verneem dat die bevelskrif geskrywe was, het hy in sy huis gegaan; en hy het in sy bo-kamer vensters gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem, en hy het drie maal op ‘n dag op sy knieë geval en gebid en lofprysinge uitgespreek voor sy God, net soos hy tevore gedoen het.’
– Ons moet dankbaarheid as ‘n leefwyse in ons lewens ontwikkel.
– Dit was ‘n gewoonte van Daniël om drie keer ‘n dag weg te breek en sy dank te betuig.
– Verbeel jou hoe ons lewens sou verander as ons drie keer ‘n dag sou ophou en ons dank betuig?
– Dankbaarheid verander ons perspektief en skuif ons fokus na die goeie dinge wat God gedoen het.
Gebed: Vader, mag ek soos Daniël wees, wat selfs wanneer dinge teen hom gewerk het, nogsteeds onthou het om weg te breek, te kniel, te bid en sy dank te betuig. Amen.