‘En net toe Daniël verneem dat die bevelskrif geskrywe was, het hy in sy huis gegaan; en hy het in sy bo-kamer vensters gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem, en hy het drie maal op ‘n dag op sy knieë geval en gebid en lofprysinge uitgespreek voor sy God, net soos hy tevore gedoen het.’
– Maak nie saak wat die lewe oor jou pad bring nie, moet nooit vergeet dat God met jou is nie.
– Daniël het slegte nuus ontvang, maar hy het aanhou bid.
– Ons fokus en hoop moet in die Here wees en nie in die nuusberigte nie.
– Ons moet elke saak wat ons aangaan, neem en dit ‘n saak van gebed maak.
Gebed: Vader, in ‘n wêreld van verandering en onsekerheid, kies ek om op U te vertrou, Ek sal met ‘n verwagting van U getrouheid en liefde teenoor my leef en ek sal nie deur situasies en omstandighede onthuts word nie. Amen.