‘verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;’
– Ek en jy is deur die Here geroep om voorbereid en gereed te wees.
– As ons wag vir perfekte toestande mag ons dalk nooit deel van God se planne vir ons wees nie.
– Soms is dinge nie gunstig nie maar ons moenie toelaat dat dit ons keer nie.
– Ons moet gereed en gewillig wees om gehoorsaam Sy instrukisies te volg.
Gebed: Vader, dankie dat tenspyte daarvan dat die tyd nie altyd gunstig is nie, is ek beskikbaar en U kan my gebruik. Ek is gereed, gewillig en voorbereid, omdat ek weet dat U vir al die besonderhede al sorg. Amen.