‘As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie.’
– Die getrouheid van ons Here is blywend al het ons, ons geloof verloor.
– Ons raak soms ontmoedig en verloor ons geloof.
– Dit verander nie die natuur en karakter van die Here nie.
– Al is ons ontrou, Hy bly getrou!
Gebed: Vader, dankie vir U voortdurende getrouheid teenoor my. Vergewe dat ek soms twyfel en ongelowig is en versterk my sodat my geloof my nie in die steek sal laat nie. Amen.