Daaglikse Bybel Vers: 2 Timòtheüs 1:7
‘Want God het ons nie’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.’
– Vrees kom nie van die Here af nie.
– Vrees is iets wat die vyand gebruik om ons lewens te vernietig en te beheer.
– Die Here gee ons krag, liefde en selfbeheersing.
– Moenie enigiets minder as God se beste vir jou aanvaar nie.
Gebed: Vader, dankie dat ek kan lewe met U krag, wat deur U liefde gelei word en wat funksioneer in die selfbeheersing wat U my belowe het. Ek weerstaan alle vrees en benoudheid en ek kies om afhanklik van U te lewe. Amen.