‘……; maar ek skaam my nie, want ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié dag toe.’
– ‘Ken’ jy die Een in Wie jy vertrou en glo?
– Ons kan met geloof lewe omdat ons weet in Wie ons glo.
– Wees oortuig dat die Here sal onderneem.
– Hy weet wat jy aan Hom toevertrou het en Hy ken jou geheime versoeke.
Gebed: Vader, dankie dat ek ‘n versekerde geloof in my lewe kan ken. Ek ken U en ek weet dat U die Een is wat my ken en liefhet en vir my sorg. Amen.