‘En daar was ‘n lang oorlog tussen die huis van Saul en die huis van Dawid, en Dawid het altyd sterker geword, maar die huis van Saul altyd swakker.’
– Net omdat niks verander nie, beteken nie dat niks gebeur nie.
– Daar was ‘n lang stryd tussen Dawid en Saul, maar dinge was besig om te verander.
– Deur die swaarkry het Dawid sterker geword en Saul het swakker geword.
– Uiteindelik het God vir Dawid die oorwining gebring en sal hy dieselfde vir jou doen.
Gebed: Vader, help my om nie ongeduldig te raak as dinge lyk of hulle ‘stilstaan’ nie. Ek besef dat U altyd besig is om te werk, en dat U dinge ten goede meewerk. Amen.