‘God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig.’
– Wanneer ons voor onmoontlike situasies te staan kom, is die Here steeds met ons.
– Hy is in ons swakste oomblikke daar om ons krag te gee.
– Hy reik uit na ons in ons situasies om ons te red en te beveilig.
– Hy verlaat of begewe ons nooit op enige manier nie.
Gebed: Vader, U is die krag van my lewe en ek ontvang U krag nou dadelik. My situasie en my bekommernisse laat ek in U magtige hande en ek vra dat U my pad voorspoedig sal maak. Amen.