‘Want U is my Lamp, o Here! En die Here laat my duisternis opklaar.’
– In duister tye het ons ‘n Bron van lig om ons te lei.
– Die lig wat God in ons lewens bring, het die krag om dinge te verander.
– Sy lig sal jou die pad wys selfs wanneer die pad onduidelik is.
– Hou dus vas aan die Here, jou Lamp, en laat Hom toe om dinge om te draai.
Gebed: Vader, U is die Lamp in my lewe. U teenwoordigheid bring hoop en duidelikheid in my situasie. Ek het U nodig in my lewe, kom en verander my duisternis na lig. Amen.