‘...het opgestaan om die Here, die God van Israel, met ‘n baie groot stem te prys.’
– Ons moet soms ons stemme in lofprysing so verhef dat al die res nie gehoor kan word nie.
– ‘Al die ander dinge’ wil graag in jou hart in kom en jou hinder.
– Het jy al ooit in lofprysing tot God geskree?
– Probeer dit en sê vir jouself dat God groot is en dat daar niks is om te vrees nie.
Gebed: Vader, Ek kies om my stem te verhef en U Naam te prys. Ek kies om alle twyfel en vrees te verdryf, en ek kies om te glo dit wat ek weet die waarheid is. Amen.