‘en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.’
– Jou Hemelse Vader het jou lief en Hy sorg vir jou.
– Hy noem jou Sy seuns en dogters, en dink bietjie daaroor, jy is dit werklik.
– Jy het ‘n Almagtige Vader vir Wie niks te moeilik is nie.
– Bly in Sy liefde en geniet die feit dat Jy Sy kind is en Hy sorg vir jou.
Gebed: Vader, dankie dat U my Vader is en dat ek U kind is. Wees asseblief ‘n Vader vir my en help my om op my lewensreis te doen dit wat U behaag en U verheerlik. Amen.