‘omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.’
– Dit waarop ons ons aandag vestig, is uiters belangrik vir ons welstand.
– As ons deur die probleme van die dag oorweldig word, sal dit ons geloof ondermyn.
– Laat ons dus kies om ons oë op die Here, en Sy ewige liefde en sorg vir ons, te vestig.
– Hy is ewig en wat Hy doen, kan niemand keer nie.
Gebed: Vader, help my om nie oorweldig te word deur die dinge wat ek om my sien en hoor aangaan nie. Mag my hart en my gedagtes aanhoudend aan U voortdurende goedertierenheid en tere barmhartigheid teenoor my, herinner word. Amen.