‘5Hiskïa het op die Here, die God van Israel, vertrou, … 6hy het die Here aangehang sonder om van Hom af te wyk …’
– Hier sien ons ‘n voorbeeld van hoe ons, ons lewens moet lei.
– Ons behoort ‘n leefwyse van vertroue op God, te alle tye en in alles uit te leef.
– Ons kan getrou wees deur God te vertrou, want Hy sal aan ons getrou wees.
– Vertrou dus en hou aan om Hom te vertrou in alles wat jy deurgaan en in alles wat jy moet hanteer.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat ek op U kan vertrou en daagliks kan aanhou om op U te vertrou. Mag my lewe ‘n voorbeeld wees van iemand wat U gelowig aanhou vertrou. Amen.