‘Stry die goeie stryd van die geloof,…’
– Ons geloofslewe is nie baie maklik nie maar dit is ‘n ‘goeie stryd’.
– ‘n ‘Goeie stryd’ is ‘n geveg wat ons kan wen en een wat lei tot oorwinning.
– Daar is vele dinge wat ons aandag langs die pad sal wil aflei of ons sal wil verlei.
– Staan sekuur en stry die goeie stryd en verwag dat Hy jou sal help!
Gebed: Vader, ek wil die soort mens wees wat nie deur negatiewe dinge wat my sal vernietig, oorweldig sal word nie, maar ek wil my geveg met vasberadenheid en oortuiging aanpak, wetende dat U oorwinning vir my beplan. Amen.