‘Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees ‘n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid.’
– Ek en jy het ‘n doel en plan wat ons moet vervul.
– Ons moet soos skynende ligte wees en voorbeelde wees vir almal om ons.
– Of jy oud of jonk is laat Sy lig deur jou skyn.
– Sy lig wat deur ons skyn, kan die wêreld waarin ons leef, verander.
Gebed: Vader, mag U lig deur my skyn sodat almal om my van U teenwoordigheid bewus sal wees en mag hoop hulle siele oorstroom as gevolg van my voorbeeld. Amen.