‘Onthou julle van elke vorm van kwaad.’
– Die Bybel vertel ons dat dit die ‘klein jakkalsies’ is wat ‘n wingerd vernietig.
– Dit is dikwels die klein dingetjies wat die goeie dinge in ons lewens ongedaan maak.
– Ons moet waaksaam wees sodat niks ‘n houvas op ons lewens kan kry nie.
– Dit is die Here se begeerte dat ons in oorwinning moet lewe en nie in nederlaag nie.
Gebed: Vader, dankie dat U my die krag en sterkte gee om in die oorwinning wat U my gegee het, te lewe. Help my om elke vorm van boosheid te vermy en gee my die krag om nie eers te dink aan dinge wat my kan verlei nie. Amen.