‘En ons versoek julle, broeders,……, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal.’
– Ons begeer dikwels welwillendheid en genade teenoor ons en geregtigheid vir ander mense.
– Ons het nodig om ons denke te verander en ander mense uit SY perspektief te sien.
– Ons moet ‘n bron van krag vir die kleinmoediges wees.
– Ons moet sorgsaam teenoor die swakkes wees en ons moet altyd geduldig wees.
Gebed: Vader, mag my lewe U karakter teenoor die mense om my weerspieël. Laat mense wat my teëkom bemoedig word, versorg word en ook deur my geduld en welwillendheid geseën word. Amen.