‘(Jesus) wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.’
– Daar wag ‘n wonderlike toekoms vir elke kind van God.
– Ons toekoms sluit ‘n ewigheid saam met die Here in.
– Moenie toelaat dat die sorge van die lewe jou van hierdie wonderlike realiteit beroof nie.
– Die lewe mag vol uitdagings wees maar ons is bestem om vir ewig saam met HOM te lewe.
Gebed: Vader, hoe wonderlik is dit nie om te dink dat ek vir ewig saam met U sal lewe. Mag ek nooit hierdie wonderlike realiteit vergeet nie, en mag ek elke dag lewe asof hierdie wonderlike realiteit nou in my daaglikse lewe ‘n werklikheid is. Amen.