‘omdat ons weet van julle verkiesing, broeders wat deur God bemin word.’
– Jy is waardevol en kosbaar vir die Here en Hy het jou baie lief.
– Hy het jou gekies omdat Hy vir jou omgee en ‘n doel vir jou lewe het.
– Jy is sy kosbare kind en Hy sal vir jou sorg.
– Rus in Sy liefde en wees sekuur want jy behoort aan Hom.
Gebed: Vader, dankie dat U my as U eie kind uitgekies het. Ek sal vertrou en nie vrees nie, want wat kan enige mens aan my doen terwyl ek ‘n Hemelse Vader het, wat my liefhet en vir my sorg? Amen.