‘Verder sê Dawid: Die HERE het my gered uit die klou van die leeu, en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn.’
– Is daar ‘n reus in jou lewe wat jou probeer vernietig?
– Dawid het ‘n enorme reus aangedurf en in oorwinning weggestap.
– Vertrou die hand van die Here op jou lewe.
– Hy kan reuse verwyder maak nie saak hoe groot of in watter vorm hulle kom nie.
Gebed: Vader, dankie dat nes U Dawid gehelp het om die reuse wat hy aangedurf het te vernietig, sal U my ook help om die uitdagings wat ek teëkom te trotseer en vir my oorwinning sal skenk. Amen.