Daaglikse Bybel Vers: 1 Kronieke 16:8
‘Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend!’
– Dankbaarheid moet altyd deel van ons lewens wees.
– Terselfdertyd kan ons die Here se Naam aanroep in die areas waar ons behoeftes het.
– Hy is die een ware getroue God wat verstaan waardeur ons moet gaan.
– Kom ons vier wat Hy gedoen het en kom ons verwag Sy goedheid aan ons, in die toekoms.
Gebed: Vader, ek dank U vir U groot getrouheid en barmhartigheid aan my. U is ‘n baie goeie Vader, en daarvoor is ek ewig dankbaar. Ek sal aanhoudend uitsien na U aanhoudende getrouheid teenoor my. Amen.