‘Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid– Soms moet ons net stilstaan en dankie sê vir alles wat die Here gedoen het.
– Aan die einde van ‘n uitdagende jaar kan ons iets vind waarvoor ons dankbaar is.
– Daar is altyd iets waarvoor ons dankbaar kan wees.
– Spreek jou dankbaarheid uit en vier sy getrouheid.
Gebed: Vader, Ek wil net ‘n oomblik neem en my oë van die probleme waarmee ek te doen gehad het wegdraai, om U te bedank vir u liefde en genade teenoor my. U is ‘n baie goeie Vader en ek is byvoorbaat dankbaar vir alles wat U nog vir my gaan doen. Amen.