‘Maar as iemand God liefhet, dié word deur Hom geken.’
– Ons liefde vir die Here gaan nie ongemerk by Hom verby nie.
– Hy sien en Hy weet wie Hom liefhet en verlang om Hom te dien.
– Om deur die Here geken te word is om deur Hom herken en aanvaar te word.
– Hy ken jou naam en Hy is bewus van jou versoeke en Hy het jou lief.
Gebed: Vader, ek verklaar my liefde vir U, my Here en my Verlosser. Dankie dat U my ‘sien’ en U in detail bewus is van elke aspek van my lewe, hope en drome. Amen.