‘God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met Sy Seun Jesus Christus, onse Here.’
– Ons dien en het ‘n groot en wonderlike God, lief.
– Hy is waarna ons harte smag.
– Ons kan lewenslank op Hom staatmaak.
– Hy is getrou, betroubaar, vertroubaar en ons kan altyd op Hom staatmaak.
Gebed: Vader, dankie vir U groot getrouheid aan my. U is die Rots waarop ek kan staan en U is die vaste fondament van my lewe en my wêreld. Amen.