Daaglikse Bybel Vers: 1 Korinthiërs 16:14
‘Laat alles by julle in liefde geskied.’
– Liefde moet die leidende mag in ons daaglikse lewens wees.
– God is liefde en wanneer ons liefde toon is ons soos God teenoor ander.
– In ‘n harde onvergeeflike wêreld moet ons Sy liefde rondom ons skyn.
– In alles wat jy vandag en in die toekoms doen, onthou om dit alles in liefde te doen.
Gebed: Vader, mag my lewe U groot liefde aan almal om my reflekteer. Laat my nie buite die karakter van liefde wat ek ontvang het, optree nie. Inteendeel laat my ‘n uitdeler van U liefde wees aan almal waarmee ek in kontak kom. Amen.