Daaglikse Bybel Vers: 1 Korinthiërs 16:13
‘Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.’
– Ons moet waaksaam bly, op ons hoede bly en aanhou waak.
– Die vyand soek om te verwoes en te verniel.
– Die Here wil vir ons Sy lewe en vrede bring.
– Staan vas, wees dapper, wees sterk en Hy sal jou lewe en vrede wees.
Gebed: Vader, ek kies om vas te staan in my vertroue in U. Ek sal dapper en sterk wees terwyl ek glo en vashou aan die hoop wat ek in U het. Amen.