Daaglikse Bybel Vers: 1 Korinthiërs 13:13
En nou bly geloof, hoop, liefde–hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.
– Ons kan soms perspektief verloor oor wat werklik belangrik is.
– Dikwels verg die dringende dinge meer van ons aandag as die belangrike dinge..
– Ons geloof, ons hoop en ons liefde moet die hoeksteen van ons lewens bly.
– Maar ons belangrikste doel is om Sy liefde aan almal om ons te vertoon en te reflekteer!
Gebed: Vader, ek bid dat U my met geloof sal vul, my hoop sal herstel en mag my lewe ‘n kanal wees waardeur U liefde kan vloei om ander se lewens aan te raak. Amen.