‘maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam;’
– Die Here werk totaal anders as wat mense sou werk.
– Die mens mag dink hy is wys en kragtig, maar God is soveel magtiger.
– Hy gebruik dwaas en swak dinge om Sy groot planne en doele te bereik.
– As ons, onsself tot sy diens sal plaas, sal Hy ons gebruik.
Gebed: Vader, dankie dat U kies om die swak en die dwaas te gebruik om die wat dink hulle is magitg, te beskaam. Ek plaas, nederig, my lewe in U hande en vra dat U my vir U planne sal gebruik. Amen.