‘Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God,….’
– Elke dag is ‘n gawe en ‘n geleentheid om die Here se liefde te versprei.
– Wanneer ons ander liefhet is ons besig om die Here in hulle lewe te reflekteer.
– Wees ‘n instrument in Sy hande om seën en hoop aan ander te bring.
– Laat Sy liefde en hoe jy vir ander omgee deur jou lewe weerkaats word.
Gebed: Vader, mag my lewe die feit dat U my liehet en ek U liefhet, weerkaats. Laat my lewe ‘n seën vir almal om my wees sodat hulle oortuig sal word van U liefde vir hulle. Amen.