‘En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.’
– Om bemin te word is sekerlik een van die wonderlikste dinge wat ons kan ondervind.
– Die gedagte dat ons God se liefde kan ‘ken’, is ons grootste sekuriteit.
– Sy liefde en Sy getrouheid sal hand aan hand met jou deur die lewe gaan.
– Stel dus jou vertroue in die feit dat Hy jou liefhet en vir jou sorg.
Gebed: Vader, dank U vir U onvoorwaardelike en grenslose liefde teenoor my. Help my om elke dag meer in U liefde te vertrou. Mag ek nooit vergeet dat ek in U liefde vir my ook U getrouheid en U goedheid teenoor my sal sien nie. Amen.