‘Geliefdes, nou is ons kinders van God,…’
– Laat ek jou herinner dat God jou lief het.
– Jy is waardevol en kosbaar vir Hom en Hy wil hê dat jy Sy kind moet wees.
– Gee jouself dus oor aan God en laat Hom jou Vader wees.
– Die Goeie Herder sorg goed vir Sy skape.
Gebed: Vader, vergewe my vir die dinge wat ek gedoen het wat U nie behaag het nie. Ek kies om U te volg en ek maak die deur van my hart oop en vra dat U in my sal kom woon. Wees my Verlosser, wees my Here en wees my God. Amen.